Close
(0) items
You have no items in your shopping cart.
All Categories
    Filters
    Preferences
    Search

    Jannie Totsiens

    R 140.00
    Jannie Totsiens
    SKU: DVD21

    Jannie Totsiens

    Senutergend, skokkend, skrikwekkend en snaaks ~ dit is die merkwaardige Jannie Totsiens, geleë in ‘n kliniek vir versteurdes wat eintlik ‘n mikrokosme van Suid Afrika is. Hierin is ‘n regter wie se dogter se moordenaar vrygespreek is, ‘n afgejakte bruid, ‘n versteurde kind wat almal soos poppe behandel, ‘n liefdevose vrou wat eindelose briewe aan haar dogter skryf, ‘n oud-Ossewabrandwag soldaat wat sy broer per ongeluk opgeblaas het, die kliniekbestuurder wat net so versteurd soos sy pasiente is, ‘n mond en voet skilder wat weggesluit is omdat sy ouers hulself vir hom skaam. Toe kom die engel van onheil tussen hulle: die katatoniese professor Jannie Pienaar, hy wat niks sê nie, niks doen nie en niks kan doen sonder hulp nie. Een vir een, leer hul Jannie om weer te praat, weer te lewe, weer lief te kan hê, weer om in alles wat om hom aan gang te belangstel. Toe een van hul kring selfmoord pleeg, leer hul Jannie iets anders…..hoe om ‘n aaklige dood te sterf…….